Só kan beterkatoen-inisiatief SA uitvoer help

Só kan beterkatoen-inisiatief SA uitvoer help

INDUSTRY-NEWS-FEATURED-IMAGES-1-1

Die katoenmark tel kop op nadat die bedryf wêreldwyd in 2020 ’n moeilike jaar moes oorleef nadat regerings inperkings ingestel het om die verspreiding van die Covid-19-virus te bekamp.

 

Saam met inentingsveldtogte wat in die meeste ontwikkelde lande reeds begin het, het die internasionale
verwysingsprys vir katoen herstel van omtrent 65 Amerikaanse sent per pond in die ooreenstemmende tyd verlede jaar tot van 80c tot 85c per pond tans.

 

Saam met die gunstige wisselkoers is dit goeie nuus vir Suid-Afrikaanse uitvoerders, sê mnr. Hennie Bruwer, uitvoerende hoof van Katoen SA. Boonop is Suid-Afrika se produsente goed geposisioneer om onder veral Europese verbruikers voordeel te trek uit sy goeie produksiepraktyke.
In ’n onlangse ontleding van die katoenbedryf sê Nedbank katoen wat aan die beterkatoen-inisiatief (BCI)
voldoen sal met die Green Deal-inisiatief wat ekonomiese herstel in Europa aandryf, al hoe belangriker in daardie mark word.

 

Terwyl 44% van die afgelope seisoen se Suid-Afrikaanse katoengewasse aan die BCI voldoen, voldoen wêreldwyd
gemiddeld net 22% van die katoen aan die BCI. Katoen SA is die BCI-toepassingsvennoot in Suid-Afrika, wat die proses aandryf om alle Suid-Afrikaanse katoen binne die volgende drie tot vyf jaar aan die BCI te laat voldoen.

 

Die voordeel wat BCI-katoen inhou vir produsente wat wil uitvoer, sê Bruwer, is dat dit eerste op die
internasionale mark opgeraap word. Katoen wat nie aan die BCI-standaarde voldoen nie, sal ook verkoop, maar die BCI-katoen verkoop eerste uit.

 

Bruwer noem dat die BCI ook plaaslik vir produsente ’n voordeel inhou. Woolworths koop byvoorbeeld slegs katoenprodukte aan wat organies gesertifiseer is, of aan die BCI-standaarde voldoen.